defBanner
LATEST NEWS


Nog 2 100 huise by Rosedale gebou

Journalist Alida de Beer | 

Thursday, 20 September 2018, 10:54 

GEORGE NUUS - Die konstruksie van verdere behuising op erf 325 in Rosedale, Pacaltsdorp, begin binnekort en die verwagting is dat die eerste 852 huise in die tweede kwartaal van 2020 voltooi sal wees.Wanneer die hele projek voltooi is, sal 'n totaal van 2 100 huise staan. Die eerste twee fases van die projek is aan die kontrakteurs Asla en Raubex toegeken. 

Hulle het reeds met terreinvestiging begin. Die ontwikkeling sluit laekoste en gesubsidieerde behuising in. Daar is ook erwe wat geoormerk is vir publieke fasiliteite soos kerke en skole en 'n kommersiële sone sal op die Beachweg-straatfront ontwikkel word met behuising bo-op.Volgens Esais Pieterse van die provinsiale departement van menslike nedersettings, is die huidige twee fases onder konstruksie Fase A en Fase C. "Daar is ook 'n Fase B wat in vyf gebiede opgedeel is, naamlik B1 tot B5. Fases B1, B2 en B3 is gereed om binnekort op tender uit te gaan."Fase A behels die konstruksie van 359 erwe se siviele dienste wat na verwagting in Julie 2019 voltooi sal word. 

Dan volg die oprigting van 173 huise onder die Flisp (Financial Linked Individual Linked Subsidy Programme) wat teen ongeveer April 2020 klaar sal wees.Fase C behels die installering van siviele dienste vir 736 erwe wat teen ongeveer Junie 2019 voltooi sal wees asook die oprigting van 679 huise onder die BNG-program (Breaking New Ground) wat teen ongeveer April 2020 klaar sal wees.

Die konstruksie van verdere behuising op erf 325 in Rosedale, Pacaltsdorp, begin binnekort en die verwagting is dat die eerste 852 huise in die tweede kwartaal van 2020 voltooi sal wees.Fase B1 behels die installering van siviele dienste vir 169 erwe waarop BNG-huise gebou sal word.In Fase B2 sal 175 BNG-huise opgerig word en gedurende Fase B3 sal 224 BNG-huise gebou word.Gedurende Fases B4 en B5 sal die oorblywende erwe ontwikkel word. Voltooiingsdatums hiervoor en vir die kommersiële sone is nog nie bekend nie.Eerstes om huise te kryPieterse het gesê inwoners van Rosedale en Syferfontein-Wes sal die eerste mense wees wat in die BNG-behuising by Rosedale geakkommodeer sal word in hierdie projek, op die voorwaarde dat hulle aan die kwalifiserende kriteria vir gesubsidieerde behuising voldoen.

"Daar is 'n Syferfontein-Wes-projek tans in die beplanningstadium waar ander mense geakkommodeer sal word as hulle nie in die Syferfontein-Oos-projek geholpe geraak het nie."•Flisp-behuising is vir persone wat tussen R3 501 en R15 000 per maand verdien. Die R15 000-plafon is tans onder hersiening vir moontlike verhoging na R22 000.•BNG (Break New Ground) is vir mense met 'n verdienste van minder as R3 501.

'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'

© Raubex Infra 2024 . All rights reserved. Website design & development by DIGITAL PLATFORMS.
Division of the Raubex Group of Companies.
Click here to visit the Raubex Group Website
footer_logo